barracuda verwey


'n Argief ... vir die nageslagte ... sodat die held nie vergeet sal word nie ...

Jare gelede het ek die voorreg gehad om vas te loop in 'n larger-than-life karakter ... MUCH larger ... genaamd Barracuda Verwey. Hy het deur die strate van Stellenbosch geprowl ... gereed om enige swembad in nood te hulp te snel ... en dan het hy sommer ook (as 'n bonus) die mooie dame van die huis, van verveeldheid gered ...

Dit was sulke lekker surrealistiese lawwighede uit die pen van Tom Dreyer. Op 'n stadium is dit 'opgevoer' voor 'n bemused gehoor in die parkeerarea voor die HB Thom ... kompleet met soundtrack en 'n HTH-snuifende Barracuda wat 'n kata doen met sy aluminium, blaarnet-toegeruste paal ... :)

Anyway, ek weet van twee foto-verhaal-episodes van onse held, Barracuda Verwey, soos neergepen deur Tom Dreyer . Daar is ook 'n skreeusnaakse 'revisit-interview' oor Barracuda met Tom Dreyer (geskryf deur David De Villiers) - ek sal kyk of ek dit weer kan vind en dit ook hier kan plaas.

Die oorspronklike verhale is by: LitNet <Argief> , maar die interwebs maak my senuagtig, so hier is nogge 'backup' - ek hoop nie die grootmense gee om nie? As hulle 'n probleem het, moet hulle maar vra dan haal ek dit weer (teësinnig) af.

Barracuda Verwey

Daar was ook 'n soundtrack vir hierdie verhaal - ek het die 'uitvoering' twee keer beleef, een keer in die Hidden Cellar (sound only) en die laaste (enigste?) keer gedurende die Woordfees voor die HB Thom, jare gelede. Ek dink die musiek is dalk geskryf deur Johan Smit en miskien ook Johann Kotze en was inne zef-James Bond staail!



Barracuda Verwey