1091days since
Schabir Shaik went 'Terminal'

BlouBlad @ Facebook

BlouBlad @ Facebook

Die Black Bottle Blues lóóp weer by De Vette Mossel

posted Feb 24, 2012 2:28 AM by Gustav Franzsen

Die Black Bottle Blues Sessions is terug! Aangebied deur Sanlam en die US Woordfees, by De Vette Mossel. 

Ek hoor die rehearsal saam met Piet Botha wasse religious experience ... kom ons hoop die spirits loop mooi op die aand vannie 6de ook ... :)



Die Black Bottle Blues Band is:
Dale Collins, Simon Orange, Wayne Pauli en Rob Stemmett

Guests:
5 Maart - Natasha Meister & Dane Taylor
6 Maart - Piet Botha
7 Maart - Dan Patlansky
8 Maart - Valiant Swart
9 Maart - Basson Laubscher, Greg Smith & Dr John

Entry fee: R20
Tyd : 21:00 - 23:00

** VRYDAG 9 MAART: 19:00 - 23:00!

Specials op Black Bottle Whisky en luukse seekospotjies. 

Picnic At Kontiki

posted Aug 19, 2011 12:36 AM by Gustav Franzsen   [ updated Aug 19, 2011 1:53 AM ]

Ek luister nou al meer as 'n week elke nou-en-dan na Ramon Alexander se debuut solo album, 'Picnic At Kontiki'. Elke keer is ek verwonderd oor die kwaliteit van produksie, performance en materiaal.

Ek was jare terug by 'n impromptu verjaarsdag-jol van Jacques Coetzee toe hy nog in Stellenbosch gebly het. Soos dit maar altyd in Jacques se geselskap gaan is daar óf gedigte, óf tunes, óf albei aaniegang. Johan Smit (ex-Spinnekop en deesdae sélf innie jazz in) het sommer die naaste nylon-string kitaar gegryp en die volgende oomblik het 'n vars-gekwalifiseerde wynmaker agter die klavier innie eetkamer ingeskuif ... en ek het Ramon die eerste keer gehoor tokkel ... :)

So het ek Ramon gereeld iewerste raakgeluister deur die jare ... saam met ESP ... op sy eie ... saam met Side Effect ... hy het op allerhande plekke en saam met allerhande mense op die stage (of sypaadjie) opgeduik.

Picnic At Kontiki


En toe begin die jam sessions weer ... eers by Lucky Store innie Idasvallei in en later by die Klein Libertas Teater op Maandagaande.

Dis waar ek skielik besef het, maar Ramon isse jêzz-MENEER ... jou ore sê dit vi jou as jy hulle al bietjie virrie jazz-idioom ge-tune het, maar die respek en liefde waarmee ander goeie jêzzenaars hom hanteer, sê dit ook.

Nou sê ek vi jou ... as jy van jazz hou ... as jy 'n waardering het vir die Kaapse-jêzz-klank ... kry vi jouself 'Picninc At Kontiki' ... dis wêreldklas ... dis uit onse bodem ... dis dydelike jêzz daai!

Jy kan Ramon kontak via sy Facebook-blad en reël om die cd te bekom.


Picnic At Kontiki credits:

Ramon Alexander - klavier en keys
Annemie Kriel - tromme
Lou-Ann Stone - alto sax en stem
Shaun Johannes - bas
Joshua Prinsloo - bas op 'Picnic At Kontiki'
Dylan Tabisher - bas op 'Hymn of the Bushman' en 'Oom Robbie'
Clinton Stevens - kitaar op 'Window'
Charl Clayton - tenor sax op 'Window' en 'Oom Robbie'
Renaldo Wales - trompet op 'Window' en 'Oom Robbie'

Beste Brannas Advertensies ooit?

posted Jul 5, 2011 2:41 AM by Gustav Franzsen

Brannas advertensie pitch uitie 'Bos uit ... check of julle die GROOT Rockstar herken ... :)


"Brannas, Thicker than water"- Chapter 1




"Brannas, Thicker than water"- Chapter 2




"Brannas, Thicker than water"- Chapter 3



Maandag Jazz by Klein Libertas Teater

posted May 12, 2011 1:07 AM by Gustav Franzsen   [ updated May 12, 2011 1:11 AM ]

Ek het so 'n rukkie terug opgemerk dat daar 'n 'Maandag Jazz Aand' by Klein Libertas Teater begin het. Dit is onder leiding van Ramon Alexander, begaafde klawerman wat al in verskeie bands gespeel het. Hy is ook jazz-lektor (dink ek?) by die Conserv hier innie Bos.

Anyway ... ek het die eerste jazz-aand kwyl-kwyl laat verbyglip - ek is deesdae op só 'n tight budget dat ek omtrent nooit meer uitgaan nie! Hierdie Maandag het ek egter nodig gehad om in elkgeval af te gaan dorp toe en besluit toe om die jazz-gap ook te vat.

Daar aangekom is die sound-ou nog besig om toerusting op te stel, die Fourie-broers is aan die kaagel pak en die Klein Libertas Teaterkoor is aan't oefen in die teater homself. Gigi beduie dat hulle die koor nou sopas begin het en dat dit nie sommer 'n gewone koor gaan wees nie. Hulle gaan 'n 'acting/performing' koor wees, waar daar allerhande manewales saam met die singery gepaardgaan. Klink heel interessant en innoverend - net soos mens van die Klein Libertas verwag!

Anyway ... so daag die een persoon na die ander op met een of ander interessant-lykende sak oor die skouer ... hulle groet sommer in die bonte in ... ons word ook hartlik ge-hallo. Die vuur begin mooi knetter en die rooiwyn sak glad af ... :)

Kort voor lank sak Ramon agter die klawerbord in, daar is 'n jong man op 'n 5-snaar baskitaar en 'n girltjie nogal (mooi bedoel!) op die tromme. En hulle sak af met 'n ambisieus-komplekse improvisasie wat my (heel ge-trainde) ore ordentlik toets. Dit vat 'n hele rukkie voor ek agterkom dat dit My Favourite Things is ... dit was damn goed (en mooi) versteek!



Anyway ... ons word vergas met 'n hele klomp genres van jazz ... selfs tot 'n totaal ge-improvde rap-sessie op 'n lekker funky groove! Daar was scatting uit die boonste rakke, fusion, bop, r&b, lekker progressive moves ... you name it. Die verskeie jong, begaafde spelers was iets baie lekker om te beleef ... van hulle het Ramon nie eers geken nie ... :) Die respek vir mekaar en die musiek was obvious en mooi om te sien.

Ek dink nie jy kan 'n meer billike, feelgood aand van jazz kry as die Maandag Jazz sessions by Klein Libertas Teater nie. Pull in volgende Maandag aand ... so van 20h00 af ... dis maar R15/kop ... :)

Black Bottle Blues Sessions

posted May 9, 2011 2:19 AM by Gustav Franzsen   [ updated May 9, 2011 2:21 AM ]

Mar 04, 2011 



Stellenbosch isse blues town mette studente problem ... 

Hi guys,

Just a reminder of next week’s Woordfees event. We kick-off on Monday evening with just the House Band doing two sets. The sneak preview of the attached setlist (ssshhh!!!) proves the following:

    * That Stellenbosch remains a blues town with a student problem

    * Alternatively, that Stellenbosch remains a student town with a blues problem
    * That its time they learnt that it’s possible to draw-up a two set blues show (Monday night only) without doing a single Stevie Ray Vaughn cover!
    * And that this does not make the show better – merely different. ;-)


Come check out the House Band show on Monday night and/or the guest artists and House Band on any of the other nights next week.

Groente

Dale

Rock oppie Haas se Vlakte

posted May 9, 2011 2:17 AM by Gustav Franzsen   [ updated May 9, 2011 2:21 AM ]

Feb 08, 2011


Hazenvlakte rock-fees!! 

Imagine 'n naweek oppe plaas mette rivier, gras enne lekker stage. Imagine die volgende sets op daai stage:

    * Karen Zoid

    * Valiant Swart

    * The Blues Broers

    * Koos Kombuis

    * Albert Frost

    * Bed on Bricks

    * Akkedis

    * The Pretty Blue Guns

    * Mr.Cat & The Jackal

    * Stepdog

    * Die Kaapse Affodille ('n All-girl boeremusiek band!)
    * 6 minder bekende (maar upcoming acts)


*Pietman (Peter Mitchell) en Lise Swart is die seremoniemonsters

Imagine 'n rustige rock 'n roll vibe. Chilled mense wat omgee vir local musiek ... veral rock 'n roll, blues en rock.

Jy sal verskoon word as jy onmiddellik aan Up The Creek dink. Ek sal ook onmiddellik verstaan as jy tranerig raak en sê: "Maar dit is nie meer so nie!" ... en ek sal verstaan as jy dink ek droom en speel met jou gevoelens ...

MAAR ... dis regtig, egtig so ... 11 Maart begin 'n nuwe rock-fees legende ... gaan kyk by www.hazenvlakte.co.za

Ek sê sommer nou al dankie vir Vernon Swart, Ingrid Blumer en wie ookal betrokke is - ek het opgegee op Up The Creek en het begin cold turkey slat ... :)

Die Blues-kongres is ommie draai!

posted May 9, 2011 2:14 AM by Gustav Franzsen   [ updated May 9, 2011 2:16 AM ]

Nov 17, 2010

Die Blues-kongres is ommie draai! 



Kom kry jou Blues-booster virrie jaar!

Dis weer tyd vir die jaarlikse Table Mountain Blues Summit - Saterdag, 27 November gaan die rook bokant Bloemendal Wynhuis, naby Durbanville draai - rook uit kitare uit ... :)

Hierdie is een van die bes-georganiseerde musiek-feeste wat ek die voorreg gehad het om by te woon en elke jaar is dit beter. Die belangrikste komponent, naamlik die musiek, word goed na gekyk hier. Die sound-rig is groot en professioneel. Die stage is groot en bedien met al die ligte en skerms soos mens sou verwag.

Die bands wat speel is deurgaans van hoë gehalte. Hierdie jaar is die line-up:

- Dan Patlansky
- Blues Broers with Albert Frost
- Boulevard Blues
- Natasha Meister (Canada)
- Dane Taylor Trio
- Akkedis
- Gerald Clark
- Black Cat Bone
- Blaney and Heuer (Germany)

Die fasiliteite is eersteklas. Parkering is ge-organiseerd, toilette (tydelikes) is plentiful en skoon, kos en drank is daar 'n verskeidenheid en baie van.

En die Blues-crowd is mos altyd 'n chilled, knowledgable cool bondel mense ... :)

Soos Dr John sal sê: "Pull in!!!!"

Al die inligting is hier beskikbaar.

Iron Maiden lui die klok

posted May 9, 2011 2:11 AM by Gustav Franzsen

Aug 21, 2010

Iron Maiden lui die klok ... maar drank is duur in Noorweë! 



Iron Maiden het hierdie bar tab inne Irish Pub in Noorweë (revenge oppie Vikings?) opgerun ... sowat $3 275 ... en dit sluit 27 Slippery Nipples in!

Hulle gee die Akkedis-boeties amper 'n go huh?

Zoid's not void

posted May 9, 2011 2:04 AM by Gustav Franzsen   [ updated May 9, 2011 2:06 AM ]

Aug 20, 2010

Zoid's not void ...

... maar innie studio 



Rumour has it dat Karen besig is om 'n album te sny by Sunset. Allerhande bright luminaries vanuit ons muso-spansel help, insluitend Kevin Gibson, Schalk Joubert, Schalk vd Merwe, Mauritz Lotz, Albert Frost en soaan.

Hier en daar kry 'n talentvolle youngster ook 'n break om ietsie by te dra, maar meer daaroor later!

Just Folkin' Around

posted May 9, 2011 2:02 AM by Gustav Franzsen

Aug 20, 2010

Just Folkin' Around



Iemand moet dit doen ... goeie folk-songs lug gee that is ... :) 

‘Just Folkin’ Around’ is `n toer deur die beroemdste liedjies in die folk-genre, somtyds met `n ompad om `n paar liedjies te gaan verken wat onontdekte juwele is. As dit alles dalk `n bietjie te ernstig klink, dink weer. Soos mens uit die titel kan aflei, is ‘Just Folkin’ Around’ `n vertoning vol speelse humor, wat sigself nooit te ernstig opneem nie.

Kaalvoet Jannie en Hanru Niemand is die aarts-folkies aan stuur van sake. Kaalvoet is `n ou bekende in die plaaslike blues-kringe, het die kitaar geslaan vir die rooiwynrock-band Dikazzins en is tans die voorsanger vir die groep Kaalvoet Jannie en die Volgende Oggend. Hanru Niemand is `n hoogaangeskrewe Afrikaanse sanger/liedjieskrywer en een van die min Afrikaanse sangers wat folk pleeg. Hy vlieg al jare onder die radar, en het onlangs ook `n draai gaan maak in die donker wêreld van kabaret. Beide hy en Kaalvoet keer egter met ‘Just Folkin’ Around’ terug na hul eerste liefde, folk.

‘Just Folkin’ Around’ sluit in musiek van o.a. Dylan, James Taylor, Neil Young, Rodriguez, Ralph McTell en Donovan, asook plaaslike helde soos David Kramer en Valiant Swart. As jy van folk hou, as singer/songwriters en goeie liedjies jou ding is, of as jy net op soek is na goeie vermaak, moenie ‘Just Folkin’ Around’ misloop nie.

1-10 of 11