Aug 27, 2010 Dale Collins het besluit ommie bullet te byt en sy songs te record. Dit klink of die laaste tracks binne die volgende maand neergelê sal wees. ![]() Afgesien van Dale se regular band members (soos Richard Pryor op kitaar) gaan Simon Orange ook 'n bydrae lewer op sommige tracks. Ek is moerse bly dat Dale die moeite doen (en tot die expense gaan!) om die songs te record, want hulle is special ... hoë kwaliteit-materiaal. Die wêreld se musiekskat sal baat daarby! Hy het genoem dat hy die BlouBlad-mense wil bedank vir die inspirasie om die songs wel te record ... klop julleself oppie skouers! Soos meer inligting beskikbaar raak sal ek laat weet ... :) 27 Aug: Oukei ... ses songs word record, waaronder 'Desmond's Rainbow ', 'Witklip', 'Balcony', 'Bokkie ek moet huistoe gaan' en 'Baby's got a list' waarvan ek seker is ... kan nie nou onthou watter song nog nie? Kitaar-, drums- en bass-tracks is gedoen, maar Dale-hulle is nog besig om keyboard tracks neer te lê en vocals (incl backing) moet nog record word. Dit word by Arrie se studio oppie Weskus by Grottobaai gedoen. |
nuus >