nuus‎ > ‎

Een dag ... twee moerse albums ... enne helluva doccie!

posted Aug 31, 2012, 10:34 AM by Gustav Franzsen   [ updated Sep 27, 2012, 12:58 PM ]
Het vandag die voorreg gehad om twéé spesiale albums te kon koop. Tussenin het ek 'Searching For Sugar Man' gaan kyk innie movie in ... tranerig-mooi sê ek jou!

Searching For Sugar Man dokumenteer die soektog na die mistieke (tot onlangs) Rodriguez wat so gewild was in my tye ... en dan die uiteindelike verassende ontdekkings vir beide die soekers en die gesoekte. Ek was by die eerste konsert wat hy hier kom hou het en kan julle verseker dit was 'n ongelooflik-emosionele ervaring! Hierdie doccie het prestigious pryse gewen en is 'n moet-sien vir enige Rodriguez-fan, maar ook vir iemand wat glo in die moontlikheid vir ALLE mense, om met dignity te kan leef in allerhande omstandighede.

Anyway, die een album is Les Javan se 'Ek Is Lief Vir Jou'. Julle sal hopelik van hom weet danksy die welkome airplay wat hy deesdae op RSG kry saam met die Delta Vastrapgenootskap, met sy nommertjie 'Met Jou Aan My Sy'.
Hierdie is Les se eerste Afrikaanse solo-album. Ek is aangenaam verbaas om te lees dat Pieter vd Westhuizen se musiek hom inspireer het om wél in Afrikaans te skryf. Ek geniet Pieter se goema-kitaar liedjies vreeslik!

Ek dink ook dis belangrik dat mense wat Afrikaanse roots het, maar deur die politieke bagasie van die taal afgesit is, die taal weer 'reclaim' en so bevry ... ek smaak dit kwaai!

Die album het 12 songs ... almal oorspronklike materiaal van Les ... genre-gewys varieer dit van swinging Afrikaanse folk, tot Sions-gesang-ballades, deur ligte jazz tot by 'n gatswaai goema/mbaqanga/marabi/kwaito genaamd 'Johanna' ... :)

Sy band oppie album is miskien vars vir julle oë, maar hulle is swaargewigte as dit by die Kaapse jêzz scene kom ... :) Hulle is: Les Javan op kitare; Ramon Alexander op klawers; Oslin Jacobs op bas; Jonathan Jacobs op tromme; Lou-Ann Stone op alto sax; Lerienne Joubert op fluit.

Die album is beskikbaar online by Rhythm MusicStore.









Die tweede album wat ek vandag aangeskaf het, is laaaaank voor gewag. Gert Vlok Nel het jarrrrrrre terug mette fenomenale album debuteer. Dit plaas natuurlik onmiddellik druk op mens om weer te 'produce' in terme van die substantiewe kwaliteit vannie volgende album, maar ook 'n verwagting dat daai album sommer binne die volgende jaar moet verskyn en so ...

Wel ... die van ons wat vir Gertjie ken en liefhet, sal weet dat só 'n verwagting en die gepaardgaande druk nou nie exactly die beste benadering is om met Gertjie te gebruik nie. En anyway ... wonderlike woorde soos daai 'Beautiful Woorde' word nie sommer gou oppie toilet-besoekie uitgedink nie! Allerhande dinge moet in plek wees vir sulke songs om te 'gebeur' ... planete moet align ... black holes moet skuif ... treine moet sjunt ... ennie muse moet weer opdaag ... :)

En as daai alles gebeur het, moet daai songs 'n klank kry ... en produce word ... en dit terwyl allie fêns in afwagting staan mette expectation geshape deur daai bleddie amazing eerste album ... hehehe

Anyway ... dis hier ... die planete én black holes én treine én muse het saamgewerk ... dis weereens fokken beautiful! Tien songs ... 8 oorspronklik (Tuesday het wel al op die Sonvanger-kompilasie van Johann Kotze verskyn) en 2 'oorspronklike covers' ... :)

Gert word, onder andere, bygestaan deur Schalk Joubert (bas & kitaar); Anton L'Amour (kitaar); Albert Frost (kitaar); Johan Smit (bas); Laurinda Hofmeyr (klavier); Vernon Swart (perkussie)
Comments