Aug 20, 2010 Just Folkin' Around ![]() Iemand moet dit doen ... goeie folk-songs lug gee that is ... :) ‘Just Folkin’ Around’ is `n toer deur die beroemdste liedjies in die folk-genre, somtyds met `n ompad om `n paar liedjies te gaan verken wat onontdekte juwele is. As dit alles dalk `n bietjie te ernstig klink, dink weer. Soos mens uit die titel kan aflei, is ‘Just Folkin’ Around’ `n vertoning vol speelse humor, wat sigself nooit te ernstig opneem nie. Kaalvoet Jannie en Hanru Niemand is die aarts-folkies aan stuur van sake. Kaalvoet is `n ou bekende in die plaaslike blues-kringe, het die kitaar geslaan vir die rooiwynrock-band Dikazzins en is tans die voorsanger vir die groep Kaalvoet Jannie en die Volgende Oggend. Hanru Niemand is `n hoogaangeskrewe Afrikaanse sanger/liedjieskrywer en een van die min Afrikaanse sangers wat folk pleeg. Hy vlieg al jare onder die radar, en het onlangs ook `n draai gaan maak in die donker wêreld van kabaret. Beide hy en Kaalvoet keer egter met ‘Just Folkin’ Around’ terug na hul eerste liefde, folk. ‘Just Folkin’ Around’ sluit in musiek van o.a. Dylan, James Taylor, Neil Young, Rodriguez, Ralph McTell en Donovan, asook plaaslike helde soos David Kramer en Valiant Swart. As jy van folk hou, as singer/songwriters en goeie liedjies jou ding is, of as jy net op soek is na goeie vermaak, moenie ‘Just Folkin’ Around’ misloop nie. |
nuus >