nuus‎ > ‎

Maandag Jazz by Klein Libertas Teater

posted May 12, 2011, 1:07 AM by Gustav Franzsen   [ updated May 12, 2011, 1:11 AM ]
Ek het so 'n rukkie terug opgemerk dat daar 'n 'Maandag Jazz Aand' by Klein Libertas Teater begin het. Dit is onder leiding van Ramon Alexander, begaafde klawerman wat al in verskeie bands gespeel het. Hy is ook jazz-lektor (dink ek?) by die Conserv hier innie Bos.

Anyway ... ek het die eerste jazz-aand kwyl-kwyl laat verbyglip - ek is deesdae op só 'n tight budget dat ek omtrent nooit meer uitgaan nie! Hierdie Maandag het ek egter nodig gehad om in elkgeval af te gaan dorp toe en besluit toe om die jazz-gap ook te vat.

Daar aangekom is die sound-ou nog besig om toerusting op te stel, die Fourie-broers is aan die kaagel pak en die Klein Libertas Teaterkoor is aan't oefen in die teater homself. Gigi beduie dat hulle die koor nou sopas begin het en dat dit nie sommer 'n gewone koor gaan wees nie. Hulle gaan 'n 'acting/performing' koor wees, waar daar allerhande manewales saam met die singery gepaardgaan. Klink heel interessant en innoverend - net soos mens van die Klein Libertas verwag!

Anyway ... so daag die een persoon na die ander op met een of ander interessant-lykende sak oor die skouer ... hulle groet sommer in die bonte in ... ons word ook hartlik ge-hallo. Die vuur begin mooi knetter en die rooiwyn sak glad af ... :)

Kort voor lank sak Ramon agter die klawerbord in, daar is 'n jong man op 'n 5-snaar baskitaar en 'n girltjie nogal (mooi bedoel!) op die tromme. En hulle sak af met 'n ambisieus-komplekse improvisasie wat my (heel ge-trainde) ore ordentlik toets. Dit vat 'n hele rukkie voor ek agterkom dat dit My Favourite Things is ... dit was damn goed (en mooi) versteek!



Anyway ... ons word vergas met 'n hele klomp genres van jazz ... selfs tot 'n totaal ge-improvde rap-sessie op 'n lekker funky groove! Daar was scatting uit die boonste rakke, fusion, bop, r&b, lekker progressive moves ... you name it. Die verskeie jong, begaafde spelers was iets baie lekker om te beleef ... van hulle het Ramon nie eers geken nie ... :) Die respek vir mekaar en die musiek was obvious en mooi om te sien.

Ek dink nie jy kan 'n meer billike, feelgood aand van jazz kry as die Maandag Jazz sessions by Klein Libertas Teater nie. Pull in volgende Maandag aand ... so van 20h00 af ... dis maar R15/kop ... :)
Comments