Ek luister nou al meer as 'n week elke nou-en-dan na Ramon Alexander se debuut solo album, 'Picnic At Kontiki'. Elke keer is ek verwonderd oor die kwaliteit van produksie, performance en materiaal. Ek was jare terug by 'n impromptu verjaarsdag-jol van Jacques Coetzee toe hy nog in Stellenbosch gebly het. Soos dit maar altyd in Jacques se geselskap gaan is daar óf gedigte, óf tunes, óf albei aaniegang. Johan Smit (ex-Spinnekop en deesdae sélf innie jazz in) het sommer die naaste nylon-string kitaar gegryp en die volgende oomblik het 'n vars-gekwalifiseerde wynmaker agter die klavier innie eetkamer ingeskuif ... en ek het Ramon die eerste keer gehoor tokkel ... :) So het ek Ramon gereeld iewerste raakgeluister deur die jare ... saam met ESP ... op sy eie ... saam met Side Effect ... hy het op allerhande plekke en saam met allerhande mense op die stage (of sypaadjie) opgeduik. ![]() En toe begin die jam sessions weer ... eers by Lucky Store innie Idasvallei in en later by die Klein Libertas Teater op Maandagaande. Dis waar ek skielik besef het, maar Ramon isse jêzz-MENEER ... jou ore sê dit vi jou as jy hulle al bietjie virrie jazz-idioom ge-tune het, maar die respek en liefde waarmee ander goeie jêzzenaars hom hanteer, sê dit ook. Nou sê ek vi jou ... as jy van jazz hou ... as jy 'n waardering het vir die Kaapse-jêzz-klank ... kry vi jouself 'Picninc At Kontiki' ... dis wêreldklas ... dis uit onse bodem ... dis dydelike jêzz daai! Jy kan Ramon kontak via sy Facebook-blad en reël om die cd te bekom. Picnic At Kontiki credits:Ramon Alexander - klavier en keys Annemie Kriel - tromme Lou-Ann Stone - alto sax en stem Shaun Johannes - bas Joshua Prinsloo - bas op 'Picnic At Kontiki' Dylan Tabisher - bas op 'Hymn of the Bushman' en 'Oom Robbie' Clinton Stevens - kitaar op 'Window' Charl Clayton - tenor sax op 'Window' en 'Oom Robbie' Renaldo Wales - trompet op 'Window' en 'Oom Robbie' |
nuus >