nuus‎ > ‎

Rock oppie Haas se Vlakte

posted May 9, 2011, 2:17 AM by Gustav Franzsen   [ updated May 9, 2011, 2:21 AM ]
Feb 08, 2011


Hazenvlakte rock-fees!! 

Imagine 'n naweek oppe plaas mette rivier, gras enne lekker stage. Imagine die volgende sets op daai stage:

    * Karen Zoid

    * Valiant Swart

    * The Blues Broers

    * Koos Kombuis

    * Albert Frost

    * Bed on Bricks

    * Akkedis

    * The Pretty Blue Guns

    * Mr.Cat & The Jackal

    * Stepdog

    * Die Kaapse Affodille ('n All-girl boeremusiek band!)
    * 6 minder bekende (maar upcoming acts)


*Pietman (Peter Mitchell) en Lise Swart is die seremoniemonsters

Imagine 'n rustige rock 'n roll vibe. Chilled mense wat omgee vir local musiek ... veral rock 'n roll, blues en rock.

Jy sal verskoon word as jy onmiddellik aan Up The Creek dink. Ek sal ook onmiddellik verstaan as jy tranerig raak en sê: "Maar dit is nie meer so nie!" ... en ek sal verstaan as jy dink ek droom en speel met jou gevoelens ...

MAAR ... dis regtig, egtig so ... 11 Maart begin 'n nuwe rock-fees legende ... gaan kyk by www.hazenvlakte.co.za

Ek sê sommer nou al dankie vir Vernon Swart, Ingrid Blumer en wie ookal betrokke is - ek het opgegee op Up The Creek en het begin cold turkey slat ... :)
Comments