nuus‎ > ‎

Die Blues-kongres is ommie draai!

posted May 9, 2011, 2:14 AM by Gustav Franzsen   [ updated May 9, 2011, 2:16 AM ]
Nov 17, 2010

Die Blues-kongres is ommie draai! 



Kom kry jou Blues-booster virrie jaar!

Dis weer tyd vir die jaarlikse Table Mountain Blues Summit - Saterdag, 27 November gaan die rook bokant Bloemendal Wynhuis, naby Durbanville draai - rook uit kitare uit ... :)

Hierdie is een van die bes-georganiseerde musiek-feeste wat ek die voorreg gehad het om by te woon en elke jaar is dit beter. Die belangrikste komponent, naamlik die musiek, word goed na gekyk hier. Die sound-rig is groot en professioneel. Die stage is groot en bedien met al die ligte en skerms soos mens sou verwag.

Die bands wat speel is deurgaans van hoë gehalte. Hierdie jaar is die line-up:

- Dan Patlansky
- Blues Broers with Albert Frost
- Boulevard Blues
- Natasha Meister (Canada)
- Dane Taylor Trio
- Akkedis
- Gerald Clark
- Black Cat Bone
- Blaney and Heuer (Germany)

Die fasiliteite is eersteklas. Parkering is ge-organiseerd, toilette (tydelikes) is plentiful en skoon, kos en drank is daar 'n verskeidenheid en baie van.

En die Blues-crowd is mos altyd 'n chilled, knowledgable cool bondel mense ... :)

Soos Dr John sal sê: "Pull in!!!!"

Al die inligting is hier beskikbaar.

Comments